skip to Main Content
Suite No. 2, Collett Square, 32 York street, George info@strelitziahealth.co.za 044 874 2741

Dr Shani van der Spuy is ‘n algemene praktisyn wat grootgeword het aan die suidkus van KwaZulu-Natal, waar sy ook gematrikuleer het. Sy het toe medies gestudeer aan die Universiteit van die Vrystaat, waar sy in 2007 gegradueer het.
Daarna het sy by die Kalafong Hospitaal, asook die Oos-Londen Hospitaal kompleks gewerk, en deur die verskeie departemente as intern geroteer. Haar gemeenskapsdiensjaar is gedoen by die Kimberly Hospitaal, waar sy in die ongevalle en interne geneeskunde departement gewerk het.

Sy het vir 7 jaar as ‘n huisdokter in Kanada gewerk en verskeie eksamens afgele om te kwalifiseer as ‘n Kanadese huisarts. Sy het ook spesifieke ervaring in vrouegesondheid opgedoen en was in die posisie om haar pasiente by te staan vanaf die diagnose van swangerskap tot by die verlossing van die baba, wat sy dan ook self kon uitvoer, tot die sorg van ma en baba na geboorte.

Daar het ook sy ook veelvudige kursusse in swangerskap en geboorte voltooi en daar was baie geleenthede om ginekologiese ondersoeke en prosedures uit te voer. Sy geniet ook estetiese medisyne en het kursusse in Kanada en plaaslik voltooi in die veld van Botulinum toksien en dermale vullers.

Sy is tans besig om haar diploma in Dermatologie te voltooi aan die Universiteit van Cardiff in Wallis.

In haar praktyk op George het sy opgelet dat vrouens se behoeftes anders is as man s’n, en wou ‘n plek skep waar sy op ‘n holistiese manier vrouens kan bemagtig om gesond en met energie te lewe. Sy het ook opgelet dat mammas in George nie genoeg geleenthede het om inligting te bekom oor swangerskap, die kraamproses en ‘n nuwe baba nie, en wou graag ‘n spesiale geleendheid skep waar ouers meer kan leer en ander in hulle posisie kan leer ken!

Vroeg in 2020 het sy vir Lize en Janie genader met haar idee en vanaf die eerste ontmoeting was dit duidelik dat hulle een spesifieke visie in gemeen het: om vrouens en ma’s te help om gesond, bemagtig, ingelig en geondersteund te voel. Sy is meer as 10 jaar getroud met haar man Gustus en het twee pragtige kinders, Hugo en Karla.

Back To Top