skip to Main Content
Suite No. 2, Collett Square, 32 York street, George info@strelitziahealth.co.za 044 874 2741

Janie Loubser is n kliniese sielkundige wat van vroeg af in haar 12 jare loopbaan gewerk het met die band tussen n ma en haar baba. Sy het ook nagraadse opleiding in Verhoudingsterapie en Mind-Body Medicine.

Sy het in Kaapstad ervaring opgedoen in voorgeboorteklasse asook in nageboorte gesondheid van ma’s. Sy het gesien dat ma’s nie net kwesbaar is vir angs en depressie nie, maar ook uitbranding. Sy werk graag met vrouens om hulle te help herstel van uitbranding.

Sy het gespesialiseerde opleiding om mense in groepe te help herstel van stres, trauma en uitbranding. Sy is vir twaalf jaar getroud met SteHan Botha en hulle het n drie jarige seuntjie Johannes. Saam het hulle hierdie jaar van Kaapstad, George toe getrek om n eenvoudiger lewe, na aan die natuur, en met meer betekenis aan te pak.

Back To Top