skip to Main Content
Suite No. 2, Collett Square, 32 York street, George info@strelitziahealth.co.za 044 874 2741

Lize Esterhuysen is ‘n Geregistreerde Dieetkundige en Internasionaal Gesertifiseerde Borsvoedingskonsultant (IBCLC). Alhoewel sy patiente met uiteenlopende siektetoestande oor die jare gehelp het met spesifieke terapeutiese dieet benaderinge, was haar passie altyd gefokus op vrouegesondheid, swangerskap, borsvoeding asook baba en kleutervoeding.

Lize fokus op vrouegesondheid en die eerste 1000 dae van ‘n baba se lewe, nie net omdat dit ‘n impak op langtermyn gesondheid het nie, maar ook omdat daar soveel misleidende inligting is rondom hoe en wanneer om jou baba aan vastekos bloot te stel, asook rondom die dieet gedurende borsvoeding.

Sy het in 2017 begin met haar nagraadse studies om as Internasionaal Gesertifiseerde Borsvoedingskonsultant (IBCLC) te kan praktiseer. Sy en haar man het na hulle seuntjie se geboorte einde 2019 besluit om te verhuis na George om op ‘n meer familie-georiĆ«nteerde en gebalanseerde leefstyl te fokus.

Back To Top